DIE OPENBARING 18:17
DIE OPENBARING 18:17 Bybel vir almal (ABA)
Maar in een uur het God die stad leeggemaak, die stad wat so ryk was!” Die kapteins van die skepe het ver gaan staan, en ook almal op die skepe en al die matrose en almal wat op die skepe werk.
DIE OPENBARING 18:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan
DIE OPENBARING 18:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
In een oomblik is soveel rykdom verwoes!” Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar, die matrose en almal wat van die see lewe, het ver weg gestaan
DIE OPENBARING 18:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want binne 'n oomblik is soveel rykdom uitgewis! ” Elke stuurman, en elkeen wat iewers heen vaar, die matrose en hulle wat 'n lewe maak uit die see, het op 'n afstand gestaan.
DIE OPENBARING 18:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want in een uur het so groot rykdom tot niet geraak. En elke skeepshoof, en die hele menigte op skepe, en matrose en almal wat op see handel dryf, het van ver af gestaan