DIE OPENBARING 17:1-2 - Compare All Versions

DIE OPENBARING 17:1-2 ABA (Bybel vir almal)

Een van die sewe engele het na my toe gekom. Dit was een van die sewe engele wat die straf van God in die sewe bakke gebring het. Die engel het vir my gesê: “Jy moet saam met my kom! Ek sal vir jou wys hoe God die groot prostituut sal oordeel, die prostituut wat sit by die plek waar daar baie water is. Die konings van die aarde het onsedelik gelewe met haar. Ja, die mense van die aarde het onsedelik gelewe met haar. Dit was baie lekker vir hulle, sy was soos wyn wat mense dronk maak.”

DIE OPENBARING 17:1-2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.

DIE OPENBARING 17:1-2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou wys hoe die oordeel voltrek word oor die berugte sedelose vrou wat by baie waters bly en met wie die konings van die aarde onsedelik verkeer het. Die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid.”

DIE OPENBARING 17:1-2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Een van die sewe engele wat die sewe bakke vashou, het toe nader gekom, en met my gepraat en gesê: “Kom hierheen, ek sal jou die oordeel wys oor die groot prostituut wat by baie waters bly. ” Die konings van die aarde het met haar gehoereer, en die aardbewoners het dronk geword van die wyn van haar hoerery.

DIE OPENBARING 17:1-2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daar het een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen! Ek sal jou die oordeel toon van die groot hoer wat op baie waters sit. Met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde dronk gemaak is van die wyn van haar hoerery.

DIE OPENBARING 17:1-2 DB (Die Boodskap)

Een van die sewe engele met die bakke kom praat toe met my: “Kom saam. Ek wil jou gaan wys hoe God die groot en belangrike stad Babilon met haar bose inwoners gaan straf. Ek praat van die stad wat haar rug vir God gedraai het soos ’n onsedelike vrou haar rug vir haar man draai. Dit is die stad wat oor baie water gebou is. In plaas daarvan om aan God getrou te wees, het die stad na die belangrike leiers van die wêreld gevry. Dit het die mense oor die hele wêreld so bedwelm soos te veel wyn ’n mens bedwelm. Net soos die stad het hierdie mense ook nie belanggestel om God te dien nie. Hulle het eerder gedoen wat die stad wou hê.”

DIE OPENBARING 17:1-2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Een van die sewe engele wat die sewe bakke vashou, het nadergekom en met my gepraat: “Kom, ek sal jou die oordeel wys wat oor die groot prostituut, wat by die baie waterstrome bly, gaan kom. Die konings van die aarde het ongeoorloofde seks met haar gehad, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar seksuele wanpraktyke.”