DIE OPENBARING 16:13
DIE OPENBARING 16:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het drie onrein geeste soos paddas sien uitkom uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die bek van die valse profeet.
DIE OPENBARING 16:13 Die Boodskap (DB)
Toe sien ek die duiwel, die draak, staan saam met die dier en dié een wat voorgee om almal van God te vertel, maar die hele tyd lieg. Hulle maak hulle monde oop, en daar kruip drie bose geeste uit. Hulle het net soos paddas gelyk.
DIE OPENBARING 16:13 Bybel vir almal (ABA)
En ek het drie onrein geeste gesien. Hulle het gekom uit die bekke van die draak en die dier en die vals profeet. Die drie onrein geeste het gelyk soos paddas
DIE OPENBARING 16:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
DIE OPENBARING 16:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk.