DIE OPENBARING 14:7
DIE OPENBARING 14:7 Bybel vir almal (ABA)
Die engel het hard geskree en gesê: “Julle moet vir God respekteer, want Hy gaan nou die mense oordeel! Julle moet Hom aanbid! Hy het die hemel en die aarde en die see en die fonteine gemaak.”
DIE OPENBARING 14:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
DIE OPENBARING 14:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
en hy het met 'n harde stem uitgeroep: “Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.”
DIE OPENBARING 14:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met 'n harde stem het hy uitgeroep: “Julle moet ontsag hê vir God en heerlikheid bewys aan Hom, want die tyd van sy oordeel het aangebreek. Aanbid Hom wat die hemel, die aarde, die see en die fonteine geskep het. ”
DIE OPENBARING 14:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom eer; want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
DIE OPENBARING 14:7 Die Boodskap (DB)
Daarom het die engel hard geskree sodat almal dit kon hoor: “Betoon respek vir God, want vir Hom moet julle ontsag hê. “Maak Hom groot, want die tyd is hier dat mense voor God gaan verskyn om te hoor wat sy oordeel oor hulle is. “Aanbid Hom! Hy het die hemel gemaak. Die aarde met die see en fonteine het Hy met sy hande gemaak.”