DIE OPENBARING 14:10-11
DIE OPENBARING 14:10-11 Die Boodskap (DB)
God se woede en ontevredenheid sal wees soos ’n glas wat vol wyn gegooi word. Die mense wat aan die dier behoort, sal dit dan moet drink, of hulle wil of nie! Dit sal wees soos iemand wat in ’n verskriklike warm vuur baie seer brand. Die engele en die Lam sal staan en kyk hoe dit gebeur. Die vuur se rook sal wys hoe seer hierdie mense brand. En dit sal nooit einde kry nie. Die arme mense wat die dier aanbid en met hom gespog het deur sy merk te dra, gaan baie swaarkry. Hulle sal dag en nag die ondraaglikste pyn moet verduur.
DIE OPENBARING 14:10-11 Bybel vir almal (ABA)
God is baie kwaad vir hulle. Hy sal hulle straf en Hy sal vir hulle die beker van swaarkry laat drink. Hy sal hulle seermaak met vuur en swael. God se engele en die Lam sal dit sien gebeur. Die vuur wat hulle seermaak, hou aan om altyd te brand, en hulle kan nooit rus nie, nie in die dag nie en ook nie in die nag nie. So sal dit gaan met almal wat die dier en sy beeld aanbid en wat die merk van sy naam gekry het.”
DIE OPENBARING 14:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.
DIE OPENBARING 14:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word. Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en dié wat die merk van sy naam aanvaar.”
DIE OPENBARING 14:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sal hy ook drink van die wyn van God se toorn, wat onverdun in die beker van God se toorn geskink is. Hy sal ook in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam met vuur en swael gefolter word.” En die rook van hulle foltering bly opstyg vir ewig en ewig, en hulle wat die dier en sy beeld aanbid, kry dag en nag geen rus nie, ook nie hulle wat die merk van sy naam ontvang het nie.
DIE OPENBARING 14:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sal drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng in die beker van sy grimmigheid geskink word; en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die aangesig van die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie, wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam aanneem.
DIE OPENBARING 14:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
sal hy ook van die wyn van God se woede moet drink. Dié wyn word onverdun in die beker van sy wraak ingeskink. Hulle sal ook gefolter word in vuur en swael in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam. Die rookwolk van hulle foltering styg vir altyd na bo, en hulle het dag en nag nie rus nie; dit is húlle wat die monster en sy standbeeld aanbid, en wat die merk van sy naam dra.”