DIE OPENBARING 12:9-10 - Compare All Versions

DIE OPENBARING 12:9-10 AFR83 (Afrikaans 1983)

want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom. Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het

DIE OPENBARING 12:9-10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

DIE OPENBARING 12:9-10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die reuse draak is uitgegooi, dit is die slang van die oertyd wat ook die duiwel en Satan genoem word, en wat die hele bewoonde wêreld verlei. Hy is op die aarde neergegooi, asook sy bose engele saam met hom. Toe het ek ’n kragtige stem in die hemel hoor sê: “Nou het die verlossing en die krag en die koninklike heerskappy van ons God aangebreek, asook die mag van sy Christus. Die aanklaer van ons medegelowiges is neergegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.

DIE OPENBARING 12:9-10 DB (Die Boodskap)

Ek praat nou van die slang van wie ons lank terug al in die Bybel lees. Sy ander name is duiwel en Satan. Hy het al die mense wat op die aarde bly heeltemal op die verkeerde pad gelei. Juis hy is saam met sy engele uit die hemel gegooi. Ek hoor toe iemand wat hard praat sodat almal dit kan hoor: “Nou het God ons gered. Nou het Hy sy krag bewys. Ons God heers oor almal en sy Messias het al die mag. “Kyk net, die een wat gedurig God se kinders oor hulle foute aangekla het, is uit die hemel uitgegooi. Ja, hy het God se mense mos sonder ophou, dag en nag, voor God beskuldig.

DIE OPENBARING 12:9-10 ABA (Bybel vir almal)

God het die groot draak uit die hemel gegooi. Die draak is die ou slang, die mense noem hom “ die duiwel” en “ Satan.” Hy bedrieg al die mense van die wêreld. God het hom en sy engele op die aarde gegooi. Toe het ek gehoor iemand skree hard in die hemel en hy sê

DIE OPENBARING 12:9-10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die groot draak, die slang van weleer, wat Duiwel en Satan genoem word, die verleier van die hele bewoonde wêreld, is toe uitgegooi. Hy is op die aarde neergegooi, en saam met hom ook sy engele. Toe het ek 'n harde stem in die hemel hoor uitroep: “Nou het die verlossing en die krag en die koningsheerskappy van ons God deurgebreek, en ook die volmag van sy •Christus, omdat die aanklaer van ons broers uitgegooi is, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.

DIE OPENBARING 12:9-10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word Duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei; hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. En ek het 'n harde stem in die hemel hoor sê: Nou het die verlossing en sterkte en die koninkryk van onse God en die krag van sy Christus gekom, want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, wat hulle aangekla het voor ons God, dag en nag.