DIE OPENBARING 12:6
DIE OPENBARING 12:6 Bybel vir almal (ABA)
Toe het die vrou na die woestyn gevlug. Daar was 'n plek in die woestyn, 'n plek wat God vir haar gereedgemaak het. Daar het God 1 260 dae lank vir haar gesorg.
DIE OPENBARING 12:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.
DIE OPENBARING 12:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar 'n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.
DIE OPENBARING 12:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vrou het egter die woestyn in gevlug, na 'n plek wat daar vir haar deur God gereedgemaak is, sodat hulle haar daar twaalfhonderd-en-sestig dae lank kon versorg.
DIE OPENBARING 12:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.