DIE OPENBARING 12:4
DIE OPENBARING 12:4 Bybel vir almal (ABA)
Die draak het sy stert gebruik en hy het een derde van die sterre in die lug afgeruk en op die grond gegooi. Hy het gaan staan voor die vrou wat besig was om 'n kind te kry. Die draak wou die kind opvreet wanneer die kind gebore word.
DIE OPENBARING 12:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
DIE OPENBARING 12:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.
DIE OPENBARING 12:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy stert het 'n derde van die hemel se sterre saamgesleep en dit op die aarde neergegooi. Die draak het toe voor die vrou wat op die punt was om geboorte te skenk, gaan staan om, sodra sy geboorte skenk, haar kind te verslind.
DIE OPENBARING 12:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy stert het die derde deel van die sterre van die hemel getrek en hulle op die aarde gegooi; en die draak het voor die vrou gestaan wat gereed was om te baar, om haar kind te verslind sodra dit gebore is.
DIE OPENBARING 12:4 Die Boodskap (DB)
Hy swaai sy stert en slaan ’n derde van die sterre uit die hemel uit dat hulle tot op die aarde val. Die draak het reg voor die vrou gaan staan om die kind te verslind wat sy besig was om te kry.