DIE OPENBARING 11:15-17
DIE OPENBARING 11:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Die sewende engel het sy trompet geblaas. Toe het die engele in die hemel hard geskree en gesê: “Die konings van die wêreld regeer nie meer nie! Ons Here en sy Christus regeer nou! Ons Here sal altyd en altyd regeer!” Die 24 ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het vir God aanbid. Hulle het gesê
DIE OPENBARING 11:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.
DIE OPENBARING 11:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.” Die vier en twintig ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het toe gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid en gesê
DIE OPENBARING 11:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die sewende engel het toe op sy trompet geblaas. In die hemel het luide stemme opgeklink wat uitroep: “Die heerskappy van ons Here en sy •Christus oor die wêreld het aangebreek, en Hy sal as koning heers, vir ewig en ewig.” Ook die vier-en-twintig ouderlinge op hulle trone voor God het op hulle gesigte voor God neergeval en Hom aanbid, met die woorde: “Ons dank U, Here God, Almagtig, U wat is en wat was, omdat U u groot mag opgeneem het, en as koning heers.
DIE OPENBARING 11:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die sewende engel het geblaas; en daar was groot stemme in die hemel wat gesê het: Die koninkryke van hierdie wêreld het die koninkryke van onse Here en van sy Christus geword; en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle stoele gesit het, het op hulle aangesig geval en God aanbid, en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom; want jy het jou groot mag na jou geneem en as koning geregeer.
DIE OPENBARING 11:15-17 Die Boodskap (DB)
Toe blaas die sewende engel op sy trompet. ’n Geweldig harde stem uit die hemel sê toe: “Ons Here en sy Messias regeer nou oor die wêreld. Almal weet dit! Hy sal vir ewig en altyd bly regeer.” Die 24 leiers van die kerk (wat op die trone in die hemel gesit het) het eenvoudig voor God neergeval en Hom aanbid: “Here God, vir wie anders kan ons dankie sê as maar net vir U? Niemand is so sterk soos U en kan doen wat U doen nie. U is nou daar soos U nog altyd daar was. U gebruik die groot krag wat U het en U regeer.
DIE OPENBARING 11:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die sewende engel het toe op sy trompet geblaas. Daar was kragtige stemme in die hemel wat sê: “Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd.” Die 24 ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het op hulle gesigte neergeval en God aanbid en gesê: “Here God, Almagtige, U wat is en wat was, ons dank U dat U nou u groot mag opgeneem het en as koning heers.