DIE OPENBARING 11:1
DIE OPENBARING 11:1 Bybel vir almal (ABA)
'n Engel het vir my 'n meet-stok gegee en hy het vir my gesê: “Jy moet kom en jy moet die tempel van God in die hemel meet, jy moet ook die altaar meet en jy moet die mense tel wat in die tempel vir God aanbid.
DIE OPENBARING 11:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
DIE OPENBARING 11:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe is daar vir my 'n meetstok gegee wat soos 'n septer lyk, en daar is vir my gesê: “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die mense wat God daar aanbid.
DIE OPENBARING 11:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is toe aan my 'n meetstok gegee, wat net soos 'n staf lyk, met die opdrag: “Staan op, en gaan meet die tempel van God en die altaar, en tel die mense wat in die tempel aanbid.
DIE OPENBARING 11:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.