YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 89:26-27

PSALMS 89:26-27 Bybel vir almal (ABA)

Ek sal hom laat regeer oor ver lande tot by die see en die riviere. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God, die Rots wat my red.’

Deel
Lees PSALMS 89

PSALMS 89:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere. Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

Deel
Lees PSALMS 89

PSALMS 89:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek sal sy heerskappy uitbrei tot oor die see, sy gesag tot oorkant die riviere. Hy sal My aanroep met die woorde: ‘U is my Vader, my God, die rots wat my redding is.’

Deel
Lees PSALMS 89

PSALMS 89:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ek sal sy hand op die see lê, op die riviere sy regterhand. Hy, hy sal my aanroep, ‘U is my Vader, my God, en die rots wat my verlos.’

Deel
Lees PSALMS 89

PSALMS 89:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Hy sal tot my roep: U is my vader, my God en die rots van my heil. En Ek sal hom my eersgeborene maak, hoër as die konings van die aarde.

Deel
Lees PSALMS 89

PSALMS 89:26-27 Die Boodskap (DB)

Sy mag sal uitbrei oor groot gebiede. Hy sal van My praat as sy Vader, sy God en die Een wat hom red en beskerm.

Deel
Lees PSALMS 89

PSALMS 89:26-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek sal sy mag uitbrei tot by die see, en tot by die riviere. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God, die rots van my redding.’

Deel
Lees PSALMS 89
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's