YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 79:8

PSALMS 79:8 Bybel vir almal (ABA)

U moenie vir ons straf oor die sondes wat ons voorvaders gedoen het nie. U moet gou weer goed wees vir ons, want dit gaan baie sleg met ons.

Deel
Lees PSALMS 79

PSALMS 79:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.

Deel
Lees PSALMS 79

PSALMS 79:8 Afrikaans 1983 (AFR83)

Moet tog nie die ongeregtighede van vorige geslagte op ons laat neerkom nie, ontferm U tog gou oor ons, want ons kragte is gedaan.

Deel
Lees PSALMS 79

PSALMS 79:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Moet tog nie ons vroeëre sondeskuld teen ons hou nie; laat u ontferming ons gou bereik, want ons het baie min geword.

Deel
Lees PSALMS 79

PSALMS 79:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Dink nie aan ons vorige ongeregtighede nie; laat u barmhartighede ons gou voorkom, want ons is baie verneder.

Deel
Lees PSALMS 79

PSALMS 79:8 Die Boodskap (DB)

Moet ons nie straf vir die verkeerde dinge wat ons oupas en oumas gedoen het nie! Maak gou en kom vou ons toe met u liefde, want ons krag is op. Ons is baie swak.

Deel
Lees PSALMS 79

PSALMS 79:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Moenie die sondes van ons voorouers teen ons hou nie. Ontferm U gou oor ons, want ons is baie mismoedig.

Deel
Lees PSALMS 79
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's