PSALMS 68:9-10 - Compare All Versions
PSALMS 68:9-10 ABA (Bybel vir almal)
toe U gekom het, toe het die aarde gebewe, en reën het uit die lug geval. Want God was naby, Sinai-berg was hier, God was naby, Hy, die God van Israel. O God, U het oral baie reën laat val, U het u droë land weer laat lewe.
PSALMS 68:9-10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel! Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het Ú dit versterk.
PSALMS 68:9-10 AFR83 (Afrikaans 1983)
het die aarde gebewe en het die hemel dit laat reën voor U uit, daar by Sinai, voor God, die God van Israel. U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God, U het u verdorde land weer lewe gegee.
PSALMS 68:9-10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
het die aarde geskud. Ook die hemel het gedrup voor God, die Een van Sinai, voor God, die God van Israel. Milde reën het U, o God, laat uitsak oor u erfdeel; wat uitgeput was, het U laat herleef
PSALMS 68:9-10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U, o God, het 'n oorvloedige reën gestuur, waardeur U u erfdeel bevestig het toe dit moeg was. U gemeente het daarin gewoon; U, o God, het uit u goedheid vir die armes berei.
PSALMS 68:9-10 DB (Die Boodskap)
het die aarde gebewe van vrees, die hemel het strome water voor U uitgegiet. Dit alles het daar by Sinai gebeur voor U, o God; daar het alles en almal voor Israel se God gebewe! God, U het die hemel geskeur, stortreën het oor die aarde uitgesak, ’n droë land het skielik weer begin leef.
PSALMS 68:9-10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
het die aarde gebewe en die hemele het laat reën voor U, die God van Sinai, voor God, die God van Israel. O God, U het oorvloedige reëns gestuur om u uitgedorde erfdeel te verkwik.