PSALMS 68:5-6
PSALMS 68:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet sing vir God, julle moet sing oor sy Naam. Julle moet vir Hom 'n pad maak, vir Hom wat deur die droë woestyn ry. Sy Naam is Here, en julle moet vir Hom juig. God is in sy gewyde woonplek. Hy is 'n Pa vir weeskinders en 'n Regter wat reg doen aan weduwees.
PSALMS 68:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig! 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
PSALMS 68:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sing 'n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. 'n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning.
PSALMS 68:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sing vir God, besing sy Naam! Verheerlik Hom wat op die wolke ry – HERE is sy Naam – jubel voor Hom! 'n Vader vir vaderloses, 'n regter vir weduwees, is God in sy •heilige woonplek.
PSALMS 68:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Vader van die wees en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning. God laat die eensames in families sit, die wat met kettings vasgebind is, bring Hy uit, maar die wederstrewiges woon in 'n droë land.
PSALMS 68:5-6 Die Boodskap (DB)
Kom sing ’n nuwe lied om God groot te maak, eer Hom met julle lied. Sing ’n pad van lof en vreugde oop voor Hom wat bo die wolke uittroon, jubel opgewonde oor Hom. Sy Naam is die Here, niemand anders nie! God is ’n Vader vir swak mense, vir kinders wat nie ouers het nie. Hy staan aan die kant van hulpelose weduwees. Hy beskerm hulle. Daar uit sy hemelse woning wat eenkant is, steek God sy hand uit na swak mense.