PSALMS 68:28
PSALMS 68:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is Benjamin, die jongste, hulle heerser, die leiers van Juda in hulle menigte, die leiers van Sebulon, die leiers van Naftali.
PSALMS 68:28 Die Boodskap (DB)
Al die leiers van sy volk is daar! Benjamin is die jongste. Hy is hulle leier. Daar is Juda se vorste, en dié van Sebulon en Naftali.
PSALMS 68:28 Bybel vir almal (ABA)
Die leiers van Benjamin, die kleinste stam, is daar, hulle loop voor die ander leiers. Daarna kom die leiers van die Juda-stam, dit is baie baie mense. Daarna kom die leiers van die Sebulon-stam en die leiers van die Naftali-stam.
PSALMS 68:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.
PSALMS 68:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dáár is Benjamin, die jongste, hulle aanvoerder, dáár is die baie leiers van Juda, dié van Sebulon, dié van Naftali!