PSALMS 64:7
PSALMS 64:7 Bybel vir almal (ABA)
en niemand kan uitvind watter slegte dinge hulle wil doen nie. Hulle sê: “Ons het planne gemaak, niemand weet daarvan nie. Niemand weet wat 'n mens dink nie.”
PSALMS 64:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!
PSALMS 64:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle beplan skelmstukke en sê: “Ons het 'n volmaakte komplot gesmee, want wat binne in 'n mens is, wat hy uitgedink het, is 'n geheim.”
PSALMS 64:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sal mense 'n bose opset ondersoek? Ons is gereed; dit is 'n fyn beplande set, en 'n mens se binneste en hart is onpeilbaar.”
PSALMS 64:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar God sal met 'n pyl op hulle skiet; skielik sal hulle gewond word.