PSALMS 55:16-17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 55:16-17 AFR83 (Afrikaans 1983)
Mag die dood my vyande oorval! Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk, want in hulle huise en harte heers daar boosheid. Maar ek roep na God, na die Here wat my sal red.
PSALMS 55:16-17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste. Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
PSALMS 55:16-17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Laat die dood hulle oorval. Laat die doderyk hulle lewendig verslind, want boosheid heers in hulle huise en harte. Maar ek roep tot God, en die HERE sal my verlos.
PSALMS 55:16-17 DB (Die Boodskap)
Maak hierdie slegte mense dood, Here! Ek wens dat hulle sommer in ’n oogwink sal verdwyn. Hulle leef net om kwaad te doen. Hulle is deur en deur sleg. Ek leef net uit God se hand. Tot Hom bid ek. Die Here sal my uit hierdie probleem red.
PSALMS 55:16-17 ABA (Bybel vir almal)
Ek bid dat my vyande skielik moet sterf, hulle moet nog lewe wanneer hulle afgaan na die doderyk. Hoekom? Want daar is net slegte dinge in hulle huise en hulle harte. Ekself sal roep en vra dat God my moet help, en ek weet dat die Here my sal red.
PSALMS 55:16-17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die dood hulle onverhoeds betrap, mag hulle lewendig afdaal na die •doderyk; want boosheid is by hulle tuis, dit is in hulle midde. Ek, ek roep tot God, en die HERE sal my verlos.
PSALMS 55:16-17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat my betref, ek sal God aanroep; en die HERE sal my verlos. Ek sal saans en môre en middag bid en hardop roep, en hy sal my stem hoor.