PSALMS 5:5-6 - Compare All Versions
PSALMS 5:5-6 ABA (Bybel vir almal)
want U is 'n God wat nie hou van verkeerde dinge nie. Slegte dinge gebeur nie by U nie. Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie, U haat almal wat slegte dinge doen.
PSALMS 5:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie. Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
PSALMS 5:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)
U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen
PSALMS 5:5-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, U is 'n God wat goddeloosheid nie duld nie; boosheid kan by U nie vertoef nie. Verwaande mense kan voor U oë nie staande bly nie; U het 'n weersin in almal wat onreg pleeg.
PSALMS 5:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die dwase sal voor u oë nie bestaan nie; u haat al die werkers van ongeregtigheid. Jy moet die wat lont praat, vernietig; die HERE sal 'n afsku het van die bloedige en bedrieglike man.
PSALMS 5:5-6 DB (Die Boodskap)
Here, U hou niks van slegte dinge nie. Daarom sal iemand wat kwaad doen, nooit by U tuis voel nie. Hulle wat dink hulle is beter as ander, sal ongemaklik by U wees. U hou niks van mense wat lelike dinge aan ander doen nie.
PSALMS 5:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
O God, U verdra geen boosheid nie; en sonde vind by U geen tuiste nie. Verwaandes kan nie voor U kom nie; U haat almal wat kwaad bewerk.