PSALMS 5

5
Gebed by die môre-offer.
1VIR die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.
2 o Here, luister na my woorde, let op my versugting.
3Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
4 In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
5Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.
6Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
7U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die Here 'n afsku.
8Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
9 Here, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
10Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.
11Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
12Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
13Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.

Tans Gekies:

PSALMS 5: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid