PSALMS 44:21-22
PSALMS 44:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Ons het nie die Naam van ons God vergeet nie, ons het nie ons hande opgelig en tot 'n ander god gebid nie. As ons dit gedoen het, dan sou God dit geweet het, want Hy ken die geheime van ons hart.
PSALMS 44:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god — sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
PSALMS 44:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
As ons die Naam van ons God nie aangeroep het nie en 'n vreemde god om hulp gevra het, sou God dit dan nie kon vasstel nie? Hy ken immers die geheime van die hart.
PSALMS 44:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons die Naam van ons God vergeet het, ons hande na 'n vreemde god uitgestrek het, sou God dit nie ontdek nie? Hy is immers die Een wat hartsgeheime ken.
PSALMS 44:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sal God dit nie ondersoek nie? want hy ken die geheime van die hart. Ja, om U ontwil word ons die hele dag doodgemaak; ons word as slagskape gereken.