YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 43:5

PSALMS 43:5 Bybel vir almal (ABA)

Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys. Hy is naby, Hy sal my red, Hy is my God.

Deel
Lees PSALMS 43

PSALMS 43:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

Deel
Lees PSALMS 43

PSALMS 43:5 Afrikaans 1983 (AFR83)

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!

Deel
Lees PSALMS 43

PSALMS 43:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer dank vir die verlossing wat Hy, my God, deur sy teenwoordigheid bring.

Deel
Lees PSALMS 43

PSALMS 43:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Waarom is jy neergewerp, o my siel? en waarom is jy onrustig in my? hoop op God, want ek sal Hom nog loof wat die gesonde van my aangesig en my God is.

Deel
Lees PSALMS 43

PSALMS 43:5 Die Boodskap (DB)

Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Hy is my God.

Deel
Lees PSALMS 43

PSALMS 43:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hoekom is ek so neerslagtig? Hoekom so verontrus? Ek sal op God vertrou! Ek sal Hom weer prys, Hy is my redder en my God!

Deel
Lees PSALMS 43
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's