PSALMS 43

43
Hoop op God!
1 DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!
2Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?
3Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,
4dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!
5 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

Tans Gekies:

PSALMS 43: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid