PSALMS 43:2
PSALMS 43:2 Bybel vir almal (ABA)
Ja, U is die God wat my moet beskerm. Hoekom het U my weggestoot? Hoekom moet ek aanhou rou omdat vyande my laat swaarkry?
PSALMS 43:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?
PSALMS 43:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net U is my skuiling, my God; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?
PSALMS 43:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U is immers die God by wie ek toevlug soek. Waarom verwerp U my dan; waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand?
PSALMS 43:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U is die God van my sterkte; waarom verwerp U my? waarom gaan ek treur oor die onderdrukking van die vyand?