PSALMS 38:9-10
PSALMS 38:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ek is naby my einde, ek kan nie meer aanhou nie, ek brul soos 'n leeu, want alles in my voel deurmekaar. My Here, U weet alles wat ek wil vra, U hoor hoe ek kla en sug.
PSALMS 38:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart. Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
PSALMS 38:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan, my hart jaag en ek brul van die pyn. U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie.
PSALMS 38:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is kragteloos, heeltemal verpletter, ek kreun vanweë die onstuimigheid van my hart. My Heer, al my versugtinge lê ontbloot voor U, en my gesug is nie vir U verborge nie.
PSALMS 38:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HERE, al my begeerte is voor U; en my gekerm is vir jou nie verborge nie. My hart smag, my krag begewe my; die lig van my oë, dit is ook van my weg.