PSALMS 28:3
PSALMS 28:3 Bybel vir almal (ABA)
U moenie vir my wegvat saam met die mense wat verkeerd doen nie, saam met die slegte mense nie. Hulle sê vir die mense naby hulle dat hulle bid dat dit goed sal gaan met hulle, maar in hulle harte bid hulle dat dit sleg sal gaan.
PSALMS 28:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.
PSALMS 28:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses, die mense wat onreg doen nie. Hulle praat vriendelik met hulle bure, maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte.
PSALMS 28:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moet my nie wegvoer saam met goddeloses nie – mense wat onreg pleeg, wat oor vrede praat met hulle naaste terwyl daar kwaad in hulle harte is.
PSALMS 28:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Trek my nie weg saam met die goddelose en met die werkers van ongeregtigheid nie, wat vrede spreek met hulle naaste, maar onheil is in hulle harte.