PSALMS 25:3
PSALMS 25:3 Bybel vir almal (ABA)
En ook, ek bid dat mense wat in U glo, nie sal verloor nie. Die mense wat nie doen wat U wil hê hulle moet doen nie, U moet húlle laat verloor.
PSALMS 25:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
PSALMS 25:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande.
PSALMS 25:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie; maar hulle wat sonder rede ontrou is, sal beskaamd staan.
PSALMS 25:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ja, laat niemand wat op U wag, beskaamd staan nie; laat hulle beskaamd staan wat sonder oorsaak oortree.