PSALMS 24:7-10
PSALMS 24:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan! Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan! Wie is Hy, hierdie magtige Koning? Die Here, die Almagtige, Hy is die magtige Koning. Sela
PSALMS 24:7-10 Bybel vir almal (ABA)
Poorte, julle moet wyd oopgaan, deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan, want die Koning van die konings wil ingaan. Wie is hierdie Koning van die konings? Dit is die Here wat sterk is en wat oorwin, die Here wat oorwin in oorlog. Poorte, julle moet wyd oopgaan, deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan, want die Koning van die konings wil ingaan. Wie is hierdie Koning van die konings? Die Here wat oor alles regeer, Hy is die Koning van die konings. Sela
PSALMS 24:7-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.
PSALMS 24:7-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Lig op julle koppe, poorte, ja, lig julleself op, ewige ingange, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is hierdie roemryke Koning? Die HERE, magtig en heldhaftig, die HERE, heldhaftig in die stryd. Lig op julle koppe, poorte, ja, lig op, ewige ingange, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is Hy, hierdie roemryke Koning? Die HERE, Heerser oor alle magte, Hý is die roemryke Koning. Sela
PSALMS 24:7-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verhef julle hoofde, o poorte! en verhef julle, ewige deure! en die erekoning sal inkom. Wie is hierdie erekoning? Die HERE, sterk en sterk, die HERE, sterk in die stryd. Verhef julle hoofde, o poorte! hef hulle op, o ewige deure! en die erekoning sal inkom. Wie is hierdie erekoning? Die HERE van die leërskare, Hy is die Koning van die heerlikheid. Sela.
PSALMS 24:7-10 Die Boodskap (DB)
Poorte, staan gereed en swaai oop, want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor! Wie is hierdie magtige Koning? Dit is die Here. Hy is baie sterk. Niemand kan Hom wen nie. Hy is ’n Held. Poorte, staan gereed en swaai oop, want die magtige Koning wil ingaan. Wees bly daaroor! Wie is Hy presies, hierdie magtige Koning? Dit is die Here. Niemand is sterker as Hy nie. Niemand kan eens naastenby by Hom kers vashou nie. Hy is die Koning.
PSALMS 24:7-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Word hoër, o poorte! Word nog hoër, eeue oue deure, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is die roemryke Koning? Die HERE, sterk en magtig, die HERE, onoorwinlik in die stryd. Gaan oop, o poorte! Gaan oop, eeue oue deure, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is die roemryke Koning? Die HERE, die Almagtige, Hý is die roemryke Koning. Sela