PSALMS 22:8-11 - Compare All Versions
PSALMS 22:8-11 AFR83 (Afrikaans 1983)
Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: “Laat dit aan die Here oor! Laat Hý hom red, laat Hý hom bevry as Hy dan so baie van hom hou.” U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God.
PSALMS 22:8-11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê: Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom! Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
PSALMS 22:8-11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Elkeen wat my sien, spot met my. Hulle trek vir my gesigte, skud die kop en sê: “Vertrou op die HERE; laat Hý hom dan red! Laat die HERE hom verlos as Hy hom dan so liefhet!” Maar U het my die lewenslig laat sien, my as suigeling op U laat vertrou. Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God.
PSALMS 22:8-11 DB (Die Boodskap)
Elkeen wat my sien, lag my uit; hulle trek gesigte, steek vir my tong uit en skud die kop. Dan sê hulle: “Siestog, die Here moet die arme drommel maar help. Hy sal hom miskien uit sy moeilikheid help, want Hy hou mos van hom.” Here, U gee al lankal vir my om, van my geboorte af. Ek was doodtevrede en gelukkig toe my ma my aan haar bors laat drink het. Reeds van die begin van my lewe af behoort ek aan U. U is my God van my geboorte af. U sorg vir my.
PSALMS 22:8-11 ABA (Bybel vir almal)
Almal wat my sien, lag vir my, hulle steek hulle tong uit vir my. Hulle sê: “Hy het gesê die Here moet hom help, nou moet die Here hom vrymaak. As die Here van hom hou, dan moet die Here hom red.” Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is, U het my veilig laat rus teen my ma se bors. U het vir my gesorg vandat ek gebore is, U is my God vandat ek klein was.
PSALMS 22:8-11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal wat my sien, dryf met my die spot; hulle gryns en skud die kop: “Wend jou tot die HERE!” en “Laat Hy hom bevry, laat Hy hom red as Hy hom goedgesind is!” U is immers die Een wat my uit die baarmoeder gehaal het, my op die borste van my moeder laat vertrou het. Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.
PSALMS 22:8-11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het op die HERE vertrou dat Hy hom sou red; laat Hy hom red, want Hy het 'n welbehae in hom. Maar U is hy wat my uit die moederskoot geneem het; U het my hoop gemaak toe ek aan my moeder se borste was. Ek is op U gewerp van die moederskoot af; U is my God van my moeder se maag af. Wees nie ver van my af nie; want moeilikheid is naby; want daar is niemand om te help nie.