PSALMS 22:5-6
PSALMS 22:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Ons voorvaders het in Ú geglo, net in U, hulle het geglo en U het hulle gered. Hulle het tot Ú geroep, net tot U, hulle het gevra dat U hulle moet help, en hulle het vry weggekom. Hulle het in Ú geglo, net in U, en U het hulle nie teleurgestel nie.
PSALMS 22:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
PSALMS 22:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered. Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.
PSALMS 22:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op U het ons voorouers vertrou, hulle het vertrou en U het hulle bevry. Tot U het hulle om hulp geroep en hulle het ontvlug; op U het hulle vertrou en hulle het nie beskaamd gestaan nie.
PSALMS 22:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het U aangeroep en is gered; hulle het op U vertrou en het nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is 'n wurm en niemand nie; 'n smaad van mense en verag deur die volk.