PSALMS 22:11 - Compare All Versions

PSALMS 22:11 ABA (Bybel vir almal)

U het vir my gesorg vandat ek gebore is, U is my God vandat ek klein was.

PSALMS 22:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

PSALMS 22:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God.

PSALMS 22:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.

PSALMS 22:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wees nie ver van my af nie; want moeilikheid is naby; want daar is niemand om te help nie.

PSALMS 22:11 DB (Die Boodskap)

Reeds van die begin van my lewe af behoort ek aan U. U is my God van my geboorte af. U sorg vir my.

PSALMS 22:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God.