PSALMS 146:9 - Compare All Versions

PSALMS 146:9 ABA (Bybel vir almal)

Die Here beskerm vreemdelinge, Hy help weeskinders en weduwees om makliker te kan lewe, maar Hy laat mense swaarkry wat verkeerd lewe.

PSALMS 146:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.

PSALMS 146:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses.

PSALMS 146:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

die HERE beskerm •vreemdelinge; vaderloses en weduwees help Hy op, maar die pad van goddeloses maak Hy krom.

PSALMS 146:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die HERE bewaar die vreemdelinge; wees en weduwees help hy, maar die weg van die goddelose keer Hy om.

PSALMS 146:9 DB (Die Boodskap)

Hulle wat verstoot word en nie voorregte het soos ander nie, kan op die Here vertrou. Hy sal vir hulle sorg. Maar mense wat hulle nie aan die Here steur nie, is in groot moeilikheid.

PSALMS 146:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE beskerm die vreemdelinge. Hy ondersteun weeskinders en weduwees, maar die pad van bose mense maak Hy skeef.