Psalms Psalm 146

Psalm 146
Gelukkig is hy wat die God van Jakob tot sy hulp het, wie se hoop op die HERE sy God is
1Prys die HERE. Loof die HERE, o my siel!
2Solank ek lewe, sal ek die HERE loof; ek wil lofsange tot eer van my God sing solank ek nog bestaan.
3Vertrou nie op vorste of op die mensekind by wie geen hulp is nie.
4Sy asem gaan uit, hy keer terug na sy aarde; op daardie selfde dag vergaan sy gedagtes.
5Gelukkig is hy wat die God van Jakob tot sy hulp het, wie se hoop op die HERE sy God is.
6Wat die hemel en die aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is, wat die waarheid tot in ewigheid bewaar;
7wat oordeel aan die verdruktes voltrek, wat aan die hongeriges voedsel gee. Die HERE maak die gevangenes los:
8Die HERE maak die oë van die blindes oop; die HERE rig die wat neergebuig is op; die HERE het die regverdiges lief.
9Die HERE bewaar die vreemdelinge; wees en weduwees help hy, maar die weg van die goddelose keer Hy om.
10Die HERE sal vir ewig as Koning heers, jou God, o Sion, van geslag tot geslag. Prys die HERE.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid