PSALMS 146:7-9
PSALMS 146:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Here doen reg aan mense wanneer ander mense hulle verdruk. Hy gee kos vir honger mense, Hy maak gevangenes vry. Die Here laat blinde mense sien, die Here tel mense op wat nie meer kan staan nie, die Here is lief vir mense wat reg doen. Die Here beskerm vreemdelinge, Hy help weeskinders en weduwees om makliker te kan lewe, maar Hy laat mense swaarkry wat verkeerd lewe.
PSALMS 146:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los. Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief. Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
PSALMS 146:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses.
PSALMS 146:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wat die reg van verdruktes handhaaf, aan hongeres brood gee. Die HERE laat gevangenes vry; die HERE maak blindes se oë oop; die HERE rig dié op wat terneergedruk is. Die HERE het regverdiges lief; die HERE beskerm •vreemdelinge; vaderloses en weduwees help Hy op, maar die pad van goddeloses maak Hy krom.
PSALMS 146:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat oordeel aan die verdruktes voltrek, wat aan die hongeriges voedsel gee. Die HERE maak die gevangenes los: Die HERE maak die oë van die blindes oop; die HERE rig die wat neergebuig is op; die HERE het die regverdiges lief. Die HERE bewaar die vreemdelinge; wees en weduwees help hy, maar die weg van die goddelose keer Hy om.
PSALMS 146:7-9 Die Boodskap (DB)
Die Here sorg dat mense wat swaarkry, reg behandel word. Hy sorg dat mense genoeg het om van te leef. Hy haal mense uit die tronk. Die Here help mense met die grootste probleme. Hy maak mense gesond, al is hulle hoe siek. Die Here gee moed vir mense wat platgeslaan is; Hy tel hulle weer op. Die Here het sy kinders baie lief. Hulle wat verstoot word en nie voorregte het soos ander nie, kan op die Here vertrou. Hy sal vir hulle sorg. Maar mense wat hulle nie aan die Here steur nie, is in groot moeilikheid.
PSALMS 146:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
wat reg laat geskied aan verdruktes, en kos gee vir dié wat honger is. Die HERE bevry die gevangenes. Die HERE laat die blindes weer sien. Die HERE ondersteun dié wat swaarkry. Die HERE het die regverdiges lief. Die HERE beskerm die vreemdelinge. Hy ondersteun weeskinders en weduwees, maar die pad van bose mense maak Hy skeef.