PSALMS 146:5-6 - Compare All Versions
PSALMS 146:5-6 ABA (Bybel vir almal)
Dit gaan goed met mense vir wie die God van Jakob help, mense wat glo dat hulle God die Here hulle sal help. Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is. Die Here bly altyd dieselfde.
PSALMS 146:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid
PSALMS 146:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God. Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou
PSALMS 146:5-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy hulp het, wie se hoop gevestig is op die HERE, sy God – Hy wat hemel en aarde gemaak het, die see, en alles wat daarin is, Hy wat trou bly tot in ewigheid
PSALMS 146:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gelukkig is hy wat die God van Jakob tot sy hulp het, wie se hoop op die HERE sy God is. Wat die hemel en die aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is, wat die waarheid tot in ewigheid bewaar
PSALMS 146:5-6 DB (Die Boodskap)
Hoor mooi, jy sal nie ’n fout maak as jy op die God van Jakob vertrou om jou te help nie. Hy het deur die geskiedenis gewys dat jy Hom kan vertrou. Iemand wat die Here as sy God vertrou, is ’n baie gelukkige mens. Onthou, die Here het al die mag in die wêreld. Hy het alles gemaak: die hemel, die aarde, die see, ja, alles wat leef en beweeg. Hy sal nooit dit wat Hy gemaak het, in die steek laat nie. Hy bly altyd getrou.
PSALMS 146:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Gelukkig is hy wie se hulp die God van Jakob is, wat sy hoop vestig op die HERE sy God wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles daarin, en wat altyd sy beloftes nakom