PSALMS 138:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 138:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.
PSALMS 138:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
PSALMS 138:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
HERE, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, HERE, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie.
PSALMS 138:8 DB (Die Boodskap)
Die Here sal vir my sorg totdat ek die dag doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my goed te wees nie.
PSALMS 138:8 ABA (Bybel vir almal)
Die Here doen alles vir my. Here, U doen altyd wat U belowe het. U het die mense met u eie hande gemaak, U moenie vir hulle alleen los nie.
PSALMS 138:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die HERE self tree vir my in. HERE, u troue liefde duur vir ewig; u handewerk – moet dit nie laat vaar nie!
PSALMS 138:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE sal volmaak wat my aangaan: U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid; verlaat die werke van U eie hande nie.