Psalms Psalm 138

Psalm 138
Ek wil U loof met my hele hart; voor die gode sal ek U sing
1('n Psalm van Dawid.)
Ek wil U loof met my hele hart; voor die gode sal ek U sing.
2Ek wil aanbid na u heilige tempel en u Naam prys vir u goedertierenheid en om u waarheid, want U het u woord groot gemaak bo u hele Naam.
3Op die dag toe ek geroep het, het U my geantwoord en my versterk met krag in my siel.
4Al die konings van die aarde sal U loof, HERE, wanneer hulle die woorde van U mond hoor.
5Ja, hulle sal sing in die weë van die HERE, want groot is die heerlikheid van die HERE.
6Al was die HERE hoog, tog het Hy ag op die nederiges, maar die hoogmoediges ken Hy van ver.
7Al wandel ek te midde van benoudheid, U sal my lewend maak; U sal U hand uitstrek teen die toorn van my vyande, en U regterhand sal my red.
8Die HERE sal volmaak wat my aangaan: U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid; verlaat die werke van U eie hande nie.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid