PSALMS 138:2
PSALMS 138:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel.
PSALMS 138:2 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil buig na u gewyde tempel en ek wil u Naam prys omdat U doen wat U belowe het en omdat U dieselfde bly.
PSALMS 138:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.
PSALMS 138:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek wil in aanbidding buig na u •heilige •tempel; ek wil u Naam prys oor u troue liefde, oor u trou; Want U het u beloftes bo al u roem laat uitstyg.
PSALMS 138:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil aanbid na u heilige tempel en u Naam prys vir u goedertierenheid en om u waarheid, want U het u woord groot gemaak bo u hele Naam.