YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 13:6

PSALMS 13:6 Bybel vir almal (ABA)

En ek? Ek glo dat U sal doen wat U belowe het. Ek sal juig, want U sal my red, ek sal vir die Here sing omdat Hy goed gedoen het aan my.

Deel
Lees PSALMS 13

PSALMS 13:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Deel
Lees PSALMS 13

PSALMS 13:6 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Deel
Lees PSALMS 13

PSALMS 13:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Maar ek – op u troue liefde vertrou ek; my hart wil juig oor u verlossing. Ek wil vir die HERE sing, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Deel
Lees PSALMS 13

PSALMS 13:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy het goed aan my gedoen.

Deel
Lees PSALMS 13

PSALMS 13:6 Die Boodskap (DB)

Maar ek het op u getroue liefde staatgemaak. In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help. Ek sal die Here se Naam met vreugde grootmaak omdat Hy so goed is vir my!

Deel
Lees PSALMS 13

PSALMS 13:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Maar ek maak self staat op u troue liefde. Ek wil juig omdat U my gered het. Ek wil sing tot eer van die HERE omdat Hy vir my goed was.

Deel
Lees PSALMS 13
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2026 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's