Psalms Psalm 13

Psalm 13
Ek wil sing tot eer van die HERE
1(Aan die musiekleier, 'n Psalm van Dawid.)
Hoe lank sal U my vergeet, HERE? vir altyd? hoe lank sal U u aangesig vir my verberg?
2Hoe lank sal ek in my siel raad hou, elke dag met droefheid in my hart? hoe lank sal my vyand oor my verhef wees?
3Aanskou en luister na my, HERE my God; maak my oë ligter, dat ek nie die slaap van die dood slaap nie;
4Laat my vyand nie sê: Ek het hom oorwin nie; en die wat my pla, is bly as ek ontroer is.
5Maar ek het op U goedertierenheid vertrou; my hart sal juig oor u verlossing.
6Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy het goed aan my gedoen.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid