PSALMS 125:5
PSALMS 125:5 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Here sal die mense straf wat opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hy sal hulle straf saam met die mense wat slegte dinge doen. Ons bid dat Israel vrede sal hê.
PSALMS 125:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!
PSALMS 125:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar dié wat die verkeerde pad loop, mag die Here hulle vernietig saam met dié wat onreg doen. Mag daar vir Israel vrede wees!
PSALMS 125:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar dié wat afdraai op kronkelpaaie – die HERE sal hulle laat weggaan saam met dié wat onreg pleeg. Vrede oor Israel!
PSALMS 125:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wat afwyk na hul krom paaie, die HERE sal hulle uitlei saam met die werkers van ongeregtigheid, maar vrede sal oor Israel wees.