PSALMS 125
AFR53

PSALMS 125

125
Israel se beskerming.
1 # Ps. 120:1 'n BEDEVAARTSLIED.
Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.
2Rondom Jerusalem is berge; so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.
3Want #Spr. 22:8; Jes. 14:5 ens.die septer van goddeloosheid sal nie rus op die #Ps. 16:5erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.
4 Here, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.
5Maar die wat langs #Spr. 2:15krom paaie wegdraai, sal die Here laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. #Ps. 128:6; Gal. 6:16Vrede oor Israel!

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.


Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953