PSALMS 118:22-24 - Compare All Versions

PSALMS 118:22-24 ABA (Bybel vir almal)

Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die gebou geword. Die Here het dit laat gebeur, dit was vir ons 'n wonderwerk. Hierdie is die dag wat die Here gemaak het, ons moet juig en bly wees daaroor.

PSALMS 118:22-24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword. Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

PSALMS 118:22-24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë! Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

PSALMS 118:22-24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword. Van die HERE het dit gekom; dit is 'n wonder in ons oë. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons juig en ons in Hom verheug.

PSALMS 118:22-24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die steen wat die bouers geweier het, het die hoofsteen van die hoek geword. Dit is wat die HERE doen; dit is wonderlik in ons oë. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; ons sal daaroor juig en bly wees.

PSALMS 118:22-24 DB (Die Boodskap)

Soms dink mense dat iemand sommer niks is nie. Maar by God is dit anders. Wat soms vir mense onbelangrik is, is vir die Here belangrik. Dit is vir ons goed om dit te weet. Dit is die Here wat dit doen, en dit lyk vir ons na ’n wonderwerk. So ’n dag is baie besonders. Ons sal bly daaroor sing.

PSALMS 118:22-24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die klip wat die bouers afgekeur het, het nou die sluitsteen geword. Dit is die werk van die HERE, en wonderlik vir ons om te aanskou. Dit is die dag wat die HERE gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.