PSALMS 107:1-3
PSALMS 107:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Die mense wat vry is, moet vertel dat die Here hulle vrygemaak het, Hy het hulle vrygemaak, hulle het nie meer swaargekry nie. Hy het hulle bymekaargemaak uit ander lande, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.
PSALMS 107:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
PSALMS 107:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.
PSALMS 107:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Dank die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde,” moet hulle sê wat deur die HERE vrygekoop is, hulle wat Hy vrygekoop het uit die hand van teenstanders, en byeengebring het uit alle lande, uit die ooste en die weste, uit die noorde en vanaf die see.
PSALMS 107:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. So sê die verlostes van die HERE wat Hy uit die hand van die vyand verlos het; En hulle het hulle versamel uit die lande, van die ooste en van die weste, van die noorde en van die suide af.
PSALMS 107:1-3 Die Boodskap (DB)
Sê vir die Here baie dankie met al julle liedere, want Hy is goed. Ja, Hy het sy kinders altyd lief! Dit moet mense sê as die Here hulle uit die moeilikheid help; ja, almal wat Hy uit nood gered het, moet so sê. Dit maak nie saak uit watter land of van waar hulle kom nie.
PSALMS 107:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dank die HERE, want Hy is goed! Sy trou ken geen einde nie. Hulle wat deur die HERE gered is, sal sê dat Hy hulle verlos het van die vyand, en dat Hy hulle versamel het uit baie nasies uit die ooste en die weste, uit die noorde en die suide.