PSALMS 103:2-3
PSALMS 103:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil die Here prys, ek wil nie een ding vergeet wat Hy gedoen het nie. Dit is Hý wat al my sondes vergewe en wat my gesond maak van al my siektes.
PSALMS 103:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees
PSALMS 103:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees
PSALMS 103:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Loof die HERE, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al jou siektes genees
PSALMS 103:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Loof die HERE, o my siel, en vergeet nie al sy weldade nie. Wat al U ongeregtighede vergewe; wat al jou siektes genees
PSALMS 103:2-3 Die Boodskap (DB)
Ek wil nooit vergeet hoe goed die Here vir my is nie. Ek loof Hom! Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond.