PSALMS 103:13-14
PSALMS 103:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Soos 'n pa jammer is vir sy kinders, so is die Here ook jammer vir die mense wat Hom dien, want Hy ken ons, Hy weet dat ons stof is.
PSALMS 103:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
PSALMS 103:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.
PSALMS 103:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos 'n vader hom ontferm oor kinders, so ontferm die HERE Hom oor dié wat vir Hom ontsag het; want Hy, Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou in gedagte dat ons maar stof is.
PSALMS 103:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy ken ons gedaante; hy onthou dat ons stof is.
PSALMS 103:13-14 Die Boodskap (DB)
Net soos ouers hulle kinders met groot liefde versorg, so versorg die Here elkeen wat Hom dien met arms vol liefde. Die Here weet hoe swak en vol foute ons is. Hy weet dat ons maar net klein en swak mensies is.