PSALMS 101:1-3
PSALMS 101:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. 'n Psalm. Here, ek wil sing oor U wat altyd doen wat U belowe, oor U wat altyd reg oordeel. Ek wil vir U sing. Ek wil weet hoe om heeltemal reg te lewe. Wanneer kom U na my toe? Ek wil heeltemal reg lewe in my huis. Ek wil niks doen wat sleg is nie. Ek haat die dinge wat mense doen wat nie reg lewe nie. Ek wil nie daardie dinge doen nie.
PSALMS 101:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VAN Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! Ek wil ag gee op regskape wandel — wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis. Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.
PSALMS 101:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil 'n lied sing tot u eer, Here. Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. Wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe in opregtheid, niks wat sleg is, wil ek nastreef nie. Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my hê nie.
PSALMS 101:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, HERE, wil ek besing. Ek wil my toespits op 'n onberispelike lewenswyse. Wanneer sal ek dit bereik? Ek sal met 'n opregte hart leef in my huis. Ek sal nie iets boos voor my oë verdra nie. In die pleeg van wandade het ek 'n weersin; dit mag nie aan my kleef nie.
PSALMS 101:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot eer van U, HERE, wil ek sing. Ek sal my verstandig gedra op 'n volmaakte manier. O wanneer sal jy na my toe kom? Ek sal met 'n volmaakte hart in my huis loop. Ek sal geen goddelose ding voor my oë stel nie: Ek haat die werk van die wat afwyk; dit sal nie aan my kleef nie.
PSALMS 101:1-3 Die Boodskap (DB)
Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid. Ek wil liedere sing oor hoe groot en belangrik U is. Ek wil probeer leef soos U wil hê. Wanneer kom U na my toe? Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees. Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie. Ek hou ook net mooi niks van al die dinge wat slegte mense doen nie. Daarmee wil ek niks te doen hê nie.
PSALMS 101:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil sing van u trou en geregtigheid. HERE, ek wil U met liedere prys. Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe, maar wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe met ’n opregte hart. Ek steur my nie aan bose dinge nie. Ek haat alle valsheid; dit sal nie op my ’n houvas kry nie.