SPREUKE 8:22 - Compare All Versions
SPREUKE 8:22 ABA (Bybel vir almal)
Die wysheid sê: “Die Here het my gemaak, Hy het my eerste gemaak. Ek is die eerste ding wat Hy gemaak het.
SPREUKE 8:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
DIE HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
SPREUKE 8:22 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Die Here het my geskep, Hy het met my begin; ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede.
SPREUKE 8:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Die HERE, Hy het my geskep as die eerste van sy werke, voor sy dade van lank gelede.
SPREUKE 8:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE het my in besit geneem in die begin van sy weg, voor sy werke van ouds af.
SPREUKE 8:22 DB (Die Boodskap)
Wysheid is baie oud. Neem dit dus ernstig op. Voorskrifte vir die regte manier van lewe is baie oud. Dit kom uit die gryse verlede. Riglyne om reg te leef, die regte dinge op die regte tyd te sê, kom al van die skepping af.
SPREUKE 8:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Die HERE het my heel eerste gemaak. Ek was al daar voor Hy die res gemaak het.