SPREUKE 6:9-11
SPREUKE 6:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Lui mens, hoe lank wil jy slaap, wanneer staan jy op? Jy wil elke maal nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie jou oë toemaak, nog 'n bietjie hande vou en bly lê, maar jy sal arm word soos iemand wat net rondloop en nie werk nie, jy sal honger word soos 'n bedelaar.
SPREUKE 6:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus! So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.
SPREUKE 6:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou soos 'n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.
SPREUKE 6:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoe lank, luiaard, gaan jy nog bly lê? Wanneer gaan jy opstaan uit jou slaap? 'n Bietjie slaap, 'n bietjie insluimer, 'n bietjie hande vou om te rus; dan kom, soos 'n rondloper, jou armoede daar aan, jou gebrek soos 'n skaamtelose man.
SPREUKE 6:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoe lank sal jy slaap, o luiaard? wanneer sal jy uit jou slaap opstaan? Nog 'n bietjie slaap, 'n bietjie sluimer, 'n bietjie handevou om te slaap. So sal jou armoede kom soos 'n reisiger, en jou gebrek soos 'n gewapende man.
SPREUKE 6:9-11 Die Boodskap (DB)
Luiaard, hoe lank gaan jy nog so sit en niksdoen? Of tot watter tyd in die oggend lê en slaap? Jy sal nog laat by die werk aankom, daar rondsit of lyf wegsteek, dan roep die baas jou. Jy kan jou werk verloor. Dan sluip die armoede jou lewe so ongemerk binne soos ’n skelm. Jy sal nie ’n verhoging kry nie. Dan sal armoede jou lewe so ernstig bedreig soos ’n gewapende man.
SPREUKE 6:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jou luiaard, hoe lank gaan jy nog lê en slaap? Wanneer gaan jy eendag opstaan uit jou slaap? Nog ’n bietjie verder slaap, nog ’n bietjie lê en sluimer, nog ’n bietjie hande gevou lê om uit te rus. Skielik oorval die armoede jou soos ’n struikrower. ’n Tekort aan kos oorrompel jou soos ’n gewapende dief.