SPREUKE 6:20-22 - Compare All Versions

SPREUKE 6:20-22 ABA (Bybel vir almal)

My kind, jy moet onthou wat jou pa vir jou sê, jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie. Jy moenie dit vergeet nie, jy moet dit elke dag onthou. Dan sal jy weet hoe jy moet lewe, jy sal elke dag en elke nag weet wat jy moet doen.

SPREUKE 6:20-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals; mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

SPREUKE 6:20-22 AFR83 (Afrikaans 1983)

My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie. Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen, dit sal jou beskerm as jy slaap en jou lei sodra jy wakker word.

SPREUKE 6:20-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

My seun, hou by die gebod van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie. Bind dit voortdurend aan jou hart, bind dit om jou nek. Wanneer jy rondgaan, sal dit jou lei; wanneer jy slaap, sal dit oor jou wag hou; wanneer jy wakker word, sal dít jou besig hou.

SPREUKE 6:20-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

My seun, onderhou die gebod van jou vader en versaak die wet van jou moeder nie. Bind hulle gedurigdeur op jou hart en bind hulle om jou nek. As jy gaan, sal dit jou lei; as jy slaap, sal dit jou bewaar; en as jy wakker word, sal dit met jou spreek.

SPREUKE 6:20-22 DB (Die Boodskap)

Jongman, jou ouers se opvoeding is belangrik. Hou vas aan die reëls wat jy by jou pa gekry het. En jou ma se lesse moet jy nooit vergeet nie. Dink gedurig daaraan sodat jy dit nooit sal vergeet nie. Of hang dit soos ’n hangertjie om jou nek sodat jy dit altyd sal onthou. Jou ouers se opvoeding sal jou help om gelukkig te leef. Wanneer jy gaan slaap, sal hierdie lewenswyshede jou nie verlaat nie. As jy wakker word, sal dit jou weer opnuut wys hoe om reg te leef.

SPREUKE 6:20-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

My seun, gehoorsaam wat jou pa jou leer. Moenie reëls wat jou ma vir jou gee, ignoreer nie. Bewaar dit altyd in jou hart. Dra dit om jou nek. Waarheen jy ook al op pad is, dit sal vir jou die koers aandui. Dit sal jou beskerm wanneer jy slaap. Dit sal jou wys wat jy moet doen sodra jy wakker word.