SPREUKE 6:2-3 - Compare All Versions
SPREUKE 6:2-3 ABA (Bybel vir almal)
dan het jou eie woorde jou gevang, en jy het groot probleme omdat jy dit gesê het. My kind, dít is wat jy dan moet doen: Jy moet jouself red, want daardie persoon kan nou besluit wat met jou sal gebeur. Jy moet by hom gaan soebat, jy moet hom aanhou vra en lastig wees
SPREUKE 6:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond, doen dan dit, my seun, om jouself te red — want jy het in die hand van jou naaste geraak — gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste
SPREUKE 6:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
verstrik geraak het deur wat jy gesê het en vasgevang is deur jou eie woorde, doen dan dít, my seun, en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het: gaan soebat hom, gaan pleit by hom
SPREUKE 6:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
as jy in 'n strik getrap het deur die woorde van jou mond, vasgevang is deur die woorde van jou mond, doen dan dit, my seun, om jouself te bevry, want jy het in die palm van jou medemens se hand beland: Gaan – verneder jouself! Loop reguit op jou medemens af!
SPREUKE 6:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy is verstrik deur die woorde van jou mond, jy is gevang deur die woorde van jou mond. Doen dit nou, my seun, en red jouself as jy in die hand van jou vriend kom; gaan, verneder jou en maak seker jou vriend.
SPREUKE 6:2-3 DB (Die Boodskap)
As jy ’n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom. Deur jou woorde en dade word jy gevang. Jy word ’n gevangene van harde besigheidsmense. Probeer so vinnig moontlik uit hierdie knyptang kom.
SPREUKE 6:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ’n strik gestel het deur jou woorde, dan moet jy gou iets daaraan doen, my seun! Jy het beland in die mag van jou vriend. Gaan probeer jouself loskry. Gaan dring nederig by hom aan om dit nietig te verklaar.